Ziggoerat

Die gedeeltelik gerestoureerde fasade en hooftrap van die Ziggoerat van Ur.

’n Ziggoerat (Akkadies: ziqqurat, van die woord zaqāru, "om op ’n verhewe gebied te bou") is ’n groot soort struktuur wat in antieke Mesopotamië gebou is. Dit het die vorm van ’n kompleks met terrasse wat al hoe kleiner na bo word. Noemenswaardige ziggoerats sluit in die Groot Ziggoerat van Ur naby Nasiriyah in die hedendaagse Irak, die Ziggoerat van Aqar Quf naby Bagdad, die nou vernietigde Etemenanki in Babilon (nou in Irak), Chogha Zanbil in Khuzestan, Iran, en Tepe Sialk in Iran.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search